Franchise inligting
Die Landmark franchise is ’n model waarvolgens landbouwinkels kan deel word van ’n nasionale handelsmerk en groep.
Die LandMark winkelgroep bied die bemarkings- en posisionering voordele van ‘n goedgevestigde nasionale franchise.
Die Landmark franchise word ondersteun deur ‘n opwindende handelsmerkstrategie en doelgerigte prosesse om die winkel te onderskei op grond van veral volledigheid van reekse en kundigheid op die vloer.
Agrinet is ’n verspreider van landboubenodigdhede en algemene handelsware aan die kleinhandel markte in Suider Afrika. Agrinet tree op as ontwikkelaar, eienaar en franchisor ten opsigte van die Landmark franchise.
Neem asseblief kennis! Die LandMark franchise sal nie oorweeg word in ‘n dorp of gebied waar daar ‘n landbou winkel bestaan wat deel vorm van ‘n landbou maatskappy nie.
|